2020
Jump to navigation
Jump to search
2020 |
◄ | 20ste eeu | ◄21ste eeu► | 22ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 2015 | 2016 | 2017 | 2018 | 2019 | ◄ 2020 ► | 2021 | 2022 | 2023 | 2024 | 2025 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:2020 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||||
Die nuwe Koronavirus SARS-CoV-2 lei tot 'n wêreldwye pandemie met verreikende gevolge vir samelewing, ekonomie en sport. | ||||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 2020 is 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit is die 20ste jaar van die 21ste eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie.
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Kroasië neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Finland oor.
- 3 Januarie – Qasem Soleimani, bevelvoerder van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) se Koeds-mag, sterf in Bagdad, Irak, weens 'n Amerikaanse hommeltuig-teikenaanval.
- 8 Januarie – Ukraine International Airlines Vlug 752, 'n Boeing 737, word afgeskiet nadat dit opgestyg het in Teheran, Iran, en al 176 mense aan boord sterf.
- 23 Januarie – Die stad Wuhan, Hubei, Volksrepubliek China, word onder kwarantyn geplaas weens die uitbreek van die Koronaviruspandemie van 2019-2020.
- 23 Januarie – 'n Cessna 550 Citation II van die Burgerlugvaartowerheid stort neer in die Ruiterbos-area tussen Mosselbaai en Oudtshoorn en drie bemanningslede sterf.
- 15 Maart – Die 2020 Formule Een-seisoen sou afskop met die 2020 Australiese Grand Prix in Melbourne, maar die eerste tien wedrenne van die jaar is af/uitgestel weens die koronaviruspandemie.[1]
- 23 Maart – President Cyril Ramaphosa kondig 'n staat van inperking vir Suid-Afrika aan wat op 27 Maart 2020 om 00:00 begin.
- 27 Maart – Noord-Masedonië sluit by NAVO aan.
- 27 Maart – Suid-Afrika begin as gevolg van die Koronaviruspandemie 'n landswye staat van inperking vir aanvanklik drie weke.
- 28 April – Colombia sluit by die OESO aan.
- 21 Mei – Hemelvaartsdag.
- 1 Julie – Duitsland neem die voorsitterskap van die Europese Unie by Kroasië oor.
- 24 Julie – Die Olimpiese Somerspele 2020 sou begin het in Tokio, Japan. Dit word nou beplan vir 2021.
- 25 Augustus – Die Paralimpiese Somerspele 2020 sou begin het.
- 31 Oktober – Halloween met volmaan.
- 3 November – Presidentsverkiesing in die Verenigde State van Amerika.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 1 Januarie – Rein Arndt, Suid-Afrikaanse wetenskaplike (* 1929).
- 1 Januarie – Don Larsen, Amerikaanse bofbalspeler (* 1929).
- 1 Januarie – David Stern, Kommissaris van die NBA [netbal] (* 1942).
- 3 Januarie – Qasem Soleimani, Irannese generaal-majoor van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps [geëlimineer] (* 1957).
- 12 Januarie – Aart Staartjes, Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrmaker (* 1938).
- 18 Januarie – Peter Mathebula, Suid-Afrika se eerste swart wêreldbokskampioen (* 1952).
- 20 Januarie – Bicks Ndoni, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en voormalige burgemeester van Uitenhage (* 1958).
- 20 Januarie – Wolfgang J. Fuchs, Duitse joernalis, nie-fiksieskrywer en filmkundige (* 1945).
- 26 Januarie – Kobe Bryant, Amerikaanse basketbal speler (* 1978).
- 26 Januarie – Santu Mofokeng, Suid-Afrikaanse fotograaf (* 1956).
- 28 Januarie – Betty Cavanagh, eerste amptelike vroulike wenner van die Comrades (* onbekend).
- 28 Januarie – Marj Dusay, Amerikaanse aktrise (* 1936).
- 2 Februarie – Kolonel 'Mad Mike' Hoare, veelbesproke huursoldaatleier (* 1919).
- 5 Februarie – Kirk Douglas, Amerikaanse akteur (* 1916).
- 7 Februarie – Li Wenliang, Chinese oogarts wie eerste 'n waarskuwing uitgereik het oor die uitbreek van die Koronavirusepidemie van 2020 (* 1986).
- 11 Februarie – Joseph Shabalala, Suid-Afrikaanse sanger en stigter van die Ladysmith Black Mambazo-koor (* 1941).
- 16 Februarie – Larry Tesler, Amerikaanse rekenaarwetenskaplike (* 1945).
- 24 Februarie – Katherine Johnson, Amerikaanse wiskundige en wentelbaanmeganikakenner by NASA (* 1918).
- 25 Februarie – Hosni Mubarak, Egiptiese president (* 1928).
- 2 Maart – Lance James, Suid-Afrikaanse country-sanger en radio-omroeper (* 1938).
- 4 Maart – Javier Pérez de Cuéllar, Peruaanse diplomaat en politikus, VN-sekretaris-generaal (* 1920).
- 15 Maart – Vittorio Gregotti, Italiaanse argitek (* 1927).
- 15 Maart – Mark Perrow, Suid-Afrikaanse kanovaarder (* 1965).
- 20 Maart – Kenny Rogers, Amerikaanse sanger (* 1938).
- 21 Maart – Sol Kerzner, Suid-Afrikaanse besigheidsmagnaat (* 1935).
- 22 Maart – Julie Felix, Amerikaanse folk-sangeres (* 1938).
- 24 Maart – Albert Uderzo, Franse strokiesprentkunstenaar en skepper van Asterix (* 1927).
- 25 Maart – Vusamazulu Credo Mutwa, Zoeloe-sangoma en skrywer (* 1921).
- 25 Maart – Mark Blum, Amerikaanse akteur en vervaardiger (* 1950).
- 27 Maart – Thijs Nel, Suid-Afrikaanse kunstenaar, dramaturg en skrywer (* 1943).
- 29 Maart – Louis Wilsenach, Suid-Afrikaanse skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese (* 1940).
- 3 April – Constand Viljoen, voormalige Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en stigter van die Vryheidsfront (* 1933).
- 3 April – Hilary Dwyer, Engelse aktrise en vervaardiger (* 1945).
- 5 April – Honor Blackman, Engelse aktrise (* 1925).
- 12 April – Stirling Moss, OBE voormalige Britse renjaer (* 1929).
- 14 April – Paul Bayvel, Springbokrugby speler (* 1949).
- 29 April – Irrfan Khan, Indiese akteur (* 1967).
- 9 Mei – Little Richard, 'n Amerikaanse sanger en pianis (* 1932).
- 11 Mei – Jerry Stiller, Amerikaanse akteur (* 1927).
- 15 Mei − Lynn Shelton, Amerikaanse regisseuse, aktrise en skryfster (* 1965).
- 15 Mei – Fred Willard, Amerikaanse akteur en skrywer (* 1939).
- 26 Mei – Stella Branca, Afrikaanse skrywer en kunstenaar (* 1931).
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ "Record-breaking 22 race F1 calendar set for 2020". Formula1.com (in Engels). 29 Augustus 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikinews bevat nuus in verband met 2020. |
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 2020.